Suid-Afrika se grootste en gewildste landboutydskrif is meer as 100 jaar in diens van boere. Dit is invloedryk, nuuswaardig en bied rigtinggewende inligting. Die tydskrif en al sy platforms is ’n advertensiemedium sonder gelyke in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.
Landbouweekblad
Die bielies van Balfour
Die ander sê • Swak beplanning vererger vloedskade
Stories wat in die landbou saak maak
2022-2023 was goue jare vir trekker- en stroperverkope
Chinese vra Carla vir SA hoenderpote • Sy erken ruiterlik sy weet min van hoenderboerdery, maar Carla Kote weet sy is goed daarmee om die stukkies van ’n legkaart bymekaar te sit om ’n probleem op te los.
‘Hulle weet nie wat ons weet nie’
Briewe
Europa se twee landbouwêrelde
El Niño hou boere op hul tone • Boere moes hul verwagtinge tot dusver dié seisoen verskeie kere aanpas weens die onvoorspelbare produksietoestande in somergewasgebiede. Intussen het die rigtinggewende weerstelsels in die Stille Oseaan gemengde seine uitgestuur oor wat in Februarie se belangrike groeityd kan gebeur.
Veeboer ‘moet van voor begin’ ná ongekende haelstorm • Urbanus Botha het nooit besef watter skade erge hael aan die wol op sy Merino’s veroorsaak het nie, terwyl sy Dorpers ook met kwaai kneusings daarvan afgekom het. Onvervangbare teelmateriaal is daarmee heen.
SA bedryf gryp in oor kanolasaadtekorte • Ná drie jaar van saadtekorte sal daar na verwagting vanjaar genoeg kanolasaad wees – hoewel nie heeltemal wat boere bestel het nie. Die goeie nuus is dat boere waarskynlik minder vir saad hoef op te dok.
Zim landbouminister lieg vir Europeërs oor hongersnood • Erge kommer heers in Europa oor die rol wat klimaatsverandering en hongersnood in veral die migrasie van mense na eerstewêreldlande speel, en die maatskaplike en politieke ontwrigting wat dit daar veroorsaak. Suid-Afrika bevind hom in dieselfde bootjie wat migrasie uit Zimbabwe betref.
‘Water alleen sal landbou nie transformeer’ • Die staat se voorstel dat ras- en geslagskriteria die hoofbepalers by die toekenning van waterregte moet word, sal nie op sigself die verlede regstel nie, waarsku die landbousakekamer Agbiz.
Sekuriteitsessies: Pasop vir dié slaggate • Versekeringsmaatskappye en finansiële instellings het uiteenlopende sienings oor die regte van begunstigdes van polisse. Dit is dus uiters belangrik dat individue en finansiële beplanners hulself vergewis van die manier waarop die onderskeie instellings sekuriteitsessies op polisse benader sodat hulle die polis reg kan struktureer.
’n Wêreldblik: Staal jou vir groter onstuimigheid • Dit is belangrik om aandag te gee aan die impak van die wêreldrisiko-indeks, waar die gevaarligte flikker. Neem vroegtydig dié stappe om jou besigheid weerbaarder te maak.
Gesonde bestuur plaas RFG in binnebaan • Kragprobleme rem die sterk gevestigde voedselvervaardiger Rhodes Food Group. Met ’n lae skuldlas en stewige groei is die maatskappy nogtans ’n belowende opsie vir aandeelhouers.
Strategiese herbesinning van die Land Bank • Die Land Bank is ideaal geposisioneer om klimaatsterugslae op plaasvlak te balanseer. ’n Gebrek aan fokus en die swak markaanslag kelder egter sy potensiaal. ’n Nouer stel doelwitte kan die saak regstel.
Troef klimaat – én stel verbruikers tevrede
’n Sin(tuig) vir heuning
Nuwe disinformasie oor klimaat laat bult YouTube-beursie
SA boer wil wêreld se sterkste man word • Die Schoonwinkels van Swellendam ryg die eerbewyse in vir hul gesogte Jerseys. ’n Titel van ’n ander aard lê egter nou en wag: dié van die wêreld se sterkste man. Jaco Schoonwinkel oefen tussen die plaaswerk deur, en in Mei begin sy terugvegpoging ná ’n ernstige besering in die vorige kompetisie.
Moenie dat dit...